Christof van der Berg tree op by Swagga Brewery

Op Vrydagaand, 18 September 2026 tree Christof van der Berg by die Swagga Brewery op met sy gewilde vertoning “Stories en Sterre”!
Die kaartjies kos R250.00 en die vertoning begin 19.00.
Kaartjies is beskikbaar op www.christofvanderberg.com

Die storie:
“Waar lê die goud waarna ’n mens jou hele lewe lank soek?”
Vir pianis en storieverteller Christof van der Berg begin die storie toe hy as seuntjie een aand saam met sy pa op die soutplaas Witkraal na die sterre gelê en kyk het. Terwyl hulle besin oor uitgebrande sterre en konstellasies, vertel sy pa hom die verhaal van die laaste wilde leeu in die Vrystaat en van die goud wat iewers in Witkraal begrawe lê. Min het hy geweet dat daardie aand die begin sou wees van ’n reis wat hom op sestienjarige ouderdom na Hollywood sou neem, waar hy ’n internasionale klavierkompetisie wen, en later na stede en verhoë reg oor die wêreld.

Stories en Sterre is veel meer as net ’n musiekvertoning. Dit is ’n nostalgiese verhaal vol verwondering wat daar onder die sterre van die Vrystaatse soutplaas begin het en vandaar gelei het na glansryke wêreldstede, ontmoetings met onvergeetlike karakters en oomblikke wat sy lewe vir ewig sou verander. Tog bly daar daardie een vraag wat soos ’n goue draad deur alles loop: “Waar lê die goud regtig begrawe?”

Vrydagaand, 18 September, ná suksesvolle vertonings in beide Bloemfontein en Pretoria, bring Christof van der Berg dié aangrypende musiekteaterproduksie Stories en Sterre na Swagga Brewery in Bosbokstraat, Meyerton. Met sy kenmerkende basstem, virtuose klavierspel en eerlike storievertelling laat Van der Berg gehore lag, dink en met nuwe oë na hul eie soeke na goud kyk.

RELATED POSTS

Gluten Free Patisserie

Join them at About Time Cafe on 5 April for a day of gluten free,Read More

In honour of GBV!

This week, we wear purple.We wear it for the survivors.For the warriors fighting on theRead More